Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Joe Stowell

gooi Hom met Die Boek!

Aan die begin van Jesus se optrede, het alles goed verloop en ons lees in Matteus 3 dat Hy deur Johannes die Doper gedoop is en dat die Vader openlik verklaar het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek my” (Matt. 3:17). Maar kort daarna het die situasie ’n slegte wending geneem. Wat het gebeur? Jesus word in…

Dis My Plesier

Ek sien altyd so uit na die somer. Die lekker sonskyn, bofbal, braaivleis en die strand, verskaf vreugde na ’n lang en ysige winter. Maar om plesier te ondervind is nie net in die somer moontlik nie. Geniet ons dan nie almal lekker kosse, aangename geselskap en ’n gesellige vuur in die kaggel nie? Die verlange na plesier is nie…

Die Vrees Faktor

Indien jy een van Shakespeare se aanhangers is, sal jy weet dat sy karakters altyd een of ander swakheid het. Dit maak die verhaal interessant en dra spesifieke boodskappe oor. Dieselfde is waar van ons Bybelse held, Abraham. Wat was sy swakheid? Sy vrees. By twee geleenthede het Abraham aan sy vrees toegegee. Hy het geglo dat die regeerder hom…

Probleme Vorentoe

Dis onvermydelik dat ons probleme en hartseer sal ondervind. Miskien sal dit ’n negatiewe mediese verslag wees, of ’n getroue vriend wat ons in die steek laat. Miskien is dit huweliksprobleme en ’n eggenoot wat ons verlaat. Daar is baie moontlikhede, maar daar is net twee opsies hoe dit hanteer kan word: ons kan óf op ons eie voortsukkel, óf…

Ware Rykdom

Geld besit groot mag en ons werk hard daarvoor, spandeer dit, gebruik dit om al ons aardse begeertes te bevredig en wens dan dat ons nog meer het. Omdat Jesus bewus was van hierdie gevaar, het Hy meer oor geld en besittings geleer as oor enige ander onderwerp. En sover as wat ons weet, het Hy nooit ’n kollekte vir…

Tevergeefs Goed Gedoen

My vrou, Martie, is ’n bobaas kok. Om saans aan tafel te sit en van haar heerlike geregte te eet, is voorwaar ’n voorreg. Somtyds, na aandete, het sy ander dinge om te doen, en dan het ek die keuse om televisie te kyk, of die kombuis skoon te maak en skottelgoed te was. Wanneer ek in ’n goeie bui…

Die Ware Prys

Ek verbaas my soms oor die invloed wat my vrou, Martie, op die lewe van ons kinders het. Daar is baie min ander verhoudinge wat daardie onselfsugtige, selfopofferende liefde vereis, as dit wat ’n moeder teenoor haar kinders toon. Ek weet verseker dat my eie lewe, my karakter en my geloof, tot ’n groot mate, deur my eie moeder, Corabella,…

Wanneer Die Lewe Onregverdig Lyk

Het jy al ooit gevoel dat die lewe regtig onregverdig is? Ons wat die Here in alles probeer navolg, voel gefrustreerd as ons sien hoedat mense wat niks vir Hom omgee nie, ’n voorspoedige lewe lei. ’n Besigheidsman is oneerlik en tog doen hy baie goed. Die man wat voortdurend partytjies hou, drink en eet, is gesond, terwyl jy, of…

Twee Reëls Waarvolgens Ons Kan Lewe

Het jy al ooit oorweldig gevoel deur allerhande reëls en regulasies? Dink net hoe die arme Jode gevoel het waar hulle meer as 600 wette uit die Ou Testament gehad het, plus nog heelwat ander wat deur die godsdienstige leiers van die volk bygevoeg is. En dink net hoe verbaas hulle moes gewees het toe Jesus al hierdie wette tot…

Moeilik Om Jou Dit Voor Te Stel

Wanneer ek en my vrou van plan is om met vakansie te gaan, hou ons daarvan om alle moontlike inligting oor ons bestemming na te lees. Ons bestudeer die kaarte en sien so uit om eindelik op die plek te kom waaroor ons reeds so gedroom het. Vir diegene wat Jesus Christus ken, lê daar ’n ongelooflike bestemming in die…